Aardkind

Aardkinders word met die voete in ‘n leivoor gebore. Hande in die grond. 

Hulle loop lig op die aarde, en weet dat weggooi goed wat reg aangewend word, weer kan teruggee wat hulself daagliks van die aarde gebruik.

Aardkinders ken die koer van ‘n tortelduif, en kan ‘n tiemieplant hoor groei.  Aardkinders weet hoe knars ‘n vars geplukte komkommer en hoe ontplof die pitte van ‘n appeliefie in jou mond.  Hulle dans op die ritme van hulle siele, en weet die aarde het nie ‘n back-up iewers gestoor nie.

Die Aardkind konsep is gebore in ‘n klein ruimte.  Met die wete dat almal nie altyd ‘n plaas om hulle het nie.  Maar ‘n Aardkind kan ‘n plaas in ‘n woonstel bou!

‘n Aardkind neem die Opdrag om na die aarde en alles wat daarop beweeg, om te sien, deeglik ter harte.  Daarom probeer hulle die mense rondom hulle ook aansteek om dieselfde te doen.

Ons het net een aarde.  Aardkind se produkte is ‘n klein bydrae tot die bewaring daarvan.  Raak deel van die beweging waar jy jouself meer bewus maak van wat rondom jou aangaan.

Onthou om kaalvoet in die dou te gaan staan op jou grasperk.  En luister uit vir die mossies en die duiwe wat lofliede vir die dag sing.

One response to this post.

  1. Great! Klink soos iets reg in my kraal. :wink:

    Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.