Teesakkies

Van alle dinge wat die slim mense se jy met jou ou teesakkies moet doen, het ek by verre die mees koste effektiewe plan!

Droog die sakkies in die son, op koerantpapier.

Vul ‘n glas fles met die teesakkies en gooi parafien bo-oor.  Sorg dat die deksel dig pas, en hou dit in die besemkas.  Wanneer dit braaityd, of kaggel tyd is, neem my ‘n teesakkie uit die parafien, en steek die vuur daarmee aan.

Dit werk beter, en baaaaaie goedkoper as vuuraanstekers soos Blitz.  Gooi net teesakkies of parafien by soos jy dit uit die fles verwyder, en jy sal nooit weer ander vuuraanstekers koop nie.

As jy nie vuur maak nie, kan jy die teesakkies uitspoel, en in jou erdwums se bin gooi.  Rooibos teesakkies veral, is vir hulle ‘n pretpark waarin hulle paar, eiers deponeer, en rus!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.