Erdwurms

Yuk!  Ek gril vir goete.  En om aan ‘n erdwurm te vat is soos om met ‘n seekat te wals – al te grillerig.

Tog het die konsep van vermiculture/vermikultuur my belangstelling geprikkel, en ek het gesoek na wurms tot ek gekry het. 

Daar is mense wat beweer dat ‘dooie gronde’ weer lewe kan kry as jy van hierdie erdwurms daarin vestig. 

Ek het ongelukkig ‘n onwettige immigrant in die vorm van ‘n hadeda wat met sy lang snawel kom grawe vir wurms, daarom sal ek darem nie sommer derduisende erdwurms op my agterplasie loslaat nie.  Daardie hadeda bevlieg die katte, en kyk my nogal skuins aan as ek hom verwilder.  Destyds toe ek my wurmplaas begin het, was dit teen 30c per wurm.  Verbeel jou as ek moet begin somme maak elke kerbloeer as ek sien die hadeda kap sy snawel in my grasperk in!

Ai, ek het soos met my vistenk jare terug, na werk tog te gretig die bin nadergetrek om my agtermiddag tee by my wurms te geniet.  Wat ‘n absolute teleurstelling!  Sodra die deksel gelig word, koes die wurms soos ‘n klomp kroeks wat wegkruip vir die polisie!  Die enkele rebel wurm teen die kant, want nie gou genoeg die skuiling kon kry teen die skielike lig nie, dans blind-blind rond, en weet nie wat is op, en wat is af nie.

Tot ek eendag met hare wat pen-orent staan, my hande in die bin ingewerk het, en ‘n handvol wurms en wurm huis uitgetel het…  Deur my grille het dit wat ek gesien het, my verstom.  Krieoelende wurms, en feitlik geen teken van die aanvanklike koerantpapier skeursels wat hulle huis se fondasie was nie.  Hulle het alles verwerk!!!  En oral was piepklein wurms besig om te skarrel op my hand.  En klein, ronde eiertjies het soos diamante geskitter.  Die grille was die moeite werd.  Ek het bewyse gehad dat my wurms gelukkig is, aanteel, en my nie net geld gekos het nie.

Onder-in die tweede bin, was vloeistof aan’t klots as ek die bins skud, wat beteken het dat ek ‘n ‘full producing worm farm’ onder my tafel gehad het!  Die vloeistof is plante toe.  Beter bekend as ‘wurm tee’.

Ek daag jou uit om op klein skaal jou eie wurmplaas te begin.  Die bins is klein genoeg om onder die bed te staan.  Daar is GEEN slegte reuke wat jou slapelose nagte sal gee nie, en jy kan die kompos wat gemaak word in jou bin, gebruik vir ‘n potplant, ‘n groente-in-‘n-pot, of buite in jou tuin.  Dieselfde met die wurm tee – hierdie nutrientryke vloeistof is uitstekende voeding vir huisplante, potplante of groentes.erwurm

‘n Fantastiese geskenk vir jou kinders, om hulle te leer van die prosesse van die natuur.  Dink net hoeveel pret die hele gesin kan kry uit hierdie leerkurwe.  Dit is minimale werk.  Ek gee nie meer as elke 2 weke kos nie – en dit bestaan uit pampoen of butternut, of soms gaar, afgekoelde mieliepap.  Mieliepap maak die spul vreeslik bronstig, en voor jy jou oe kan uitvee, is jou wurms dubbel in getal!

Gaan lees verder op www.vermiculture.wordpress vir meer praktiese wenke, of plaas vandag nog jou bestelling vir ‘n 2-bin produserende wurmplaas.  Die volgende plase sal teen die tweede week in Desember 2009 gereed wees vir verspreiding.

Koerierdienste na buurdorpe van Stellenbosch is beskikbaar, anders kan jy dit self kom afhaal.  Die koste vir ‘n bin met gevestigde wurms is op hierdie stadium R350.  Ek glo om die kostes laag te hou, sodat mense kan speel en eksperimenteer voordat jy R1000 mors en nie regtig belangstelling in jou nuwe stokperdjie het nie.

Enige vrae of navrae kan gestuur word na vermiculture@gmail.com of aardkind@gmail.com

Kry jou wurms vandag, en begin jou carbon footprint neutraliseer!

6 responses to this post.

  1. Posted by Suzette McKerron on Februarie 23, 2011 at 11:15 vm

    Ek is op soek na 2 bins. Ek het reeds wurms.
    Ek woon in Stellenbosch.
    Dankie,
    Suzette McKerron

    Antwoord

  2. Posted by Suzette McKerron on Februarie 23, 2011 at 11:17 vm

    Ek is op soek na 2 bins, ek het reeds erdwurms.
    Ek woon in Stellenbosch.
    Dankie, Suzette McKerron

    Antwoord

  3. Gaan kyk asb op http://www.vermiculture.wordpress.com – daar is ‘n artikel oor hoe om jou eie bins te maak as jy nie regkom nie.

    Antwoord

  4. […] soil).  Saai saad wat vinnig opslaan of plant ‘n plantjie.  Laat die kinders ‘n paar erdwurms saam bring skool toe en voeg dit by die houer.  Die erdwurms behoort elke nou en dan sigbaar te […]

    Antwoord

  5. Posted by Kalie Snyman on Januarie 17, 2014 at 10:33 vm

    Na ‘n afwesigheid van ‘n paar jaar is ek terug op die plaas – wurm plaas. Ek het al die plaas en wil nou graag weer wurms bekom. Help ‘n bietjie hier aub, Ons plaas is 33 kms vanaf Mahikeng en 33 kms vanaf Lichtenburg. Ons bemark ons spinasie onder die naam van Klasie en Basie se Spinasie Plasie. Ek is die Klasie en natuurlik is my vrou die Basie – ek het gese sy kan dit maar wees want sy was dit tog die afgelope 50 jaar. Ek sal wurms koop of self gaan haal – donasies van wurms sal ook aanvaar word.’
    Wurm groete’
    Klasie, ag ek bedoel Kallie Snyman by kalliesnyman@gmail.com

    Antwoord

  6. Posted by Kalie Snyman on Januarie 22, 2014 at 8:03 nm

    Oops! Geen kommentaar en nie ‘n wurm in sig nie – blykbaar geen insig ook nie!

    Antwoord

Lewer kommentaar op Kalie Snyman Kanselleer antwoord