Groei tamaties in jou woonstel

Moenie meer as R100 gaan spandeer as jy iets kan maak wat dieselfde doel dien, maar wat uit iets uit die asdrom geskep is nie.

Op TV adverteer hulle ‘n duurderige ding waar jy tamatieplante ONDERSTE-BO in plant, en die swaartekrag laat die tamatie AF groei, en wonderlik dra, sonder dat die peste sommer daarby kan uitkom.

In my opinie, ‘n uitstekende idee!

Toe neem ek aan die einde van die plantseisoen verlede jaar,  ’n plantjie uit die tuin, en plant hom onderste-bo in ‘n ou plant pot, en wragtag, dit het gegroei, daar was tamaties aan, maar die wind het die tou afgeskuur, en my eksperiment het haarself tepletter geval op die grond.

Dus gaan ek die tou vervang met ‘n dun draad.  Maar onderste-bo gaan ek weer plant!

Neem ‘n ou houer waarin jy ‘n kwekery plant gekoop het.  ‘n Plant pot.  Met ‘n skerp voorwerp maak jy twee gaatjies net onder die pot se rand, regoor mekaar.  Ryg ‘n draad daardeur, sodat dit soos ‘n handvatsel bo die pot staan.

Neem ‘n ontkiemde tamatieplant wat darem al sterk is, so 10cm hoog, en druk dit, wortels eerste, in een van die gate aan die onderkant van die pot.  Die tamatieplant se voete is dus nou binne-in die pot, en die plant hang onder die pot uit.

Neem ‘n hand vol klippies, gooi dit onder-in sodat die plant se wortels ‘vasgepak’ word, en vul die pot met potgrond.  Gooi die pot lekker nat – die water gaan oor die plant loop, by die gate uit, dis nie ‘n krisis nie.

Hang die pot in die oggendson, in ‘n boom of teen ‘n muur, hou klam, en gee vloeibare voeding elke 14 dae, in die vorm van erdwurm tee, en hoop en bid dat die swaartekrag en die Genade van Bo hierdie plan laat werk!

Advertisements

9 responses to this post.

  1. My ervaring met onderstebo tamaties was katastrofies gewees, om die minste te se! 😆 Ek sal maar eerder volstaan met tamaties in die regte posisie, maar ek glo dit kan suksesvol wees. Oppie internet baie gelees van mense wat goeie resultate so gehad het.

    Antwoord

  2. Ek hou van eksperimente. Die kersie tamaties wat oral soos hare op ‘n hond se rug groei, gee goeie resultate.

    Vanjaar het ek egter ander varieteite wat ek so plant, en dit is nog te vroeg om te jubel of te huil.

    Antwoord

  3. Dan moet jy hierdie sirkeltuin-idee probeer:

    http://biophile.co.za/gardening/circle-gardens-a-discovery-par-excellence

    Ek het enetjie gemaak, net vir uitprobeer, met spinasie in. Seker aan die begin van die jaar? En die spinasie hou net aan en aan en aan…jy kry die prentjie. 😉

    Ek kan dit regtig aanbeveel!

    Antwoord

  4. Ek sal julle tamaties kom sample. :mrgreen:

    Antwoord

  5. Jip dis geweldig interessant. In my vuurhoutjie boksie agterplaas is die besluit tussen ‘n grasperkie en sirkeltuin egter ‘n groen ene. Soos in GRASgroen!

    Buitendien, ontwikkelaars bou townhouses in ‘n dag, en die rommel en nuttelose grond word in die agterplasie begrawe, gelyk gemaak, en weg is hulle!

    Jy wil NIE by my kom spit nie. Dis hoekom ek in kratte en bottels plant…

    Antwoord

  6. Posted by Zuzette on Desember 7, 2010 at 2:59 nm

    SOEK RAAD! My tamaties groei baie mooi maar dan begin hulle omval en die worteltjies sit baie vlak dan. Iemand se dit is “vrot stam”
    Is daar so iets en is daar iets wat ek kan doen om die plante te red?

    Antwoord

  7. Zuzette – wens ek het geweet – ek het nognie self daardie simptome gehad nie! Vertaal jou sin in ingils, en google dit – en dan kom vertel wat jy gevind het, groot asb.

    Antwoord

  8. Posted by Boe-Boe on Januarie 3, 2011 at 10:22 vm

    Baie interessant hierdie onderstebo tamaties. Ek het dit ook al probeer, maar die blerrie goed bly aan boontoe groei!! Sal maar weer probeer…miskien met n ander pot

    Antwoord

  9. Dis reg Boe Boe, hulle groei so op – as tamaties begin verskyn, sak die plant. Hou moed!!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: