Kontak gerus vir Kobie Nel vir ‘n wye verskeidenheid idees vir tuis gebruik of as korporatiewe geskenke.
Kobie het jare se ondervinding in hierdie veld, en het a.g.v. die huidige ekonomiese klimaat, besluit om van sy huis af te werk. Jy is dus gewaarborg van puik persoonlike diens, en kenner insette!
Hy doen plakkers vir gebruik op bv. vensters, deure, mure. Binne en buite plak – voorbeeld: motorhawens se naam in jou voertuig se ruit.
Sandblasting op glase, bakke en los ruite van 400 x 600 maksimum.
Laser graveerwerk op penne, glase, marmer, plastiek, hout, papier, metaal, perspeks.
Graveer sleutelhouers op leer, perspeks, hout.
Graveer jou kinders se name op hout en sit dit op hulle kamer deure.
Plakkers vir kennisgewingborde.
Graveerwerk op, en maak van naamplaatjies met die epoksie ‘doming’
Interessante idees vir troukaartjies. Laser snywerk beskikbaar (legkaart troukaartjies) asook laser brandwerk op perspeks of hout uitnodigings.
Gebrande voorkoms skrif op herwinde papier.
Maak van rubber stempels met prente en enige soort skrif. Uiters akkuraat en bekostigbaar.
Sny van stensils uit hout of perspeks.
Die groot sleutel om vir jou kind te gee as hy 21 word.
Kontak hom en vind uit vir meer idees, of vra hom of hy jou planne tot uitvoer sal kan bring.
Hy sal selfs vir jou 6 glase kan graveer met jou gunsteling rugby span se embleem op! Koop 6 op ‘n slag – 5 vir gooi na die TV, en een, altyd vol, in die hand!
Epos: jj-nel@lantic.net
Selfoon: 083 289 1796
Kantoor / Faks: 012 333 6883
Alle produkte kan per koerier of SAPO gestuur word. Ek laat doen my werk by hom, en hy gooi dit in die pos, Kaap toe. Die Transvaal is gladnie meer so ver nie!
Posted by Ria on Augustus 2, 2010 at 3:55 nm
Ons wil graag gholfpotloodjies met ons besigheidsnaam en telefoonnommer op laat maak. Kan julle asb. vir my ‘n kwotasie aanstuur gekoppel aan hoeveelhede.
Baie dankie jul NB terugvoer.
Groete,
Ria
Posted by Skoor on Augustus 2, 2010 at 4:17 nm
Hallo Ria
Ek stuur die blad deur na Kobie, maar kontak hom sommer ook self – sy gegewens is onder-aan die Korporatiewe Geskenke post.